Welkom by Hoërskool Heidelberg, Heidelberg, Wes Kaap
KALENDER
VISIE & MISSIE
Visie
Om die skool van voorkeur te wees waar kinders deur uitnemende onderwys ondersteun en begelei word om hulle volle potensiaal te ontwikkel.
Missie
Om te strewe na uitnemendheid deur effektiewe onderrig op akademiese, kulturele en sportgebied.
Ons wil deur samewerking en betrokkenheid tussen ouer, leerder en opvoeder ‘n ordelike gedissiplineerde omgewing daarstel waar elke leerder sy volle potensiaal kan bereik.
Die einddoel is om jong volwassenes as wenners op alle terreine, die gemeenskap te laat betree.
ONS SKOOLLIED
Waar die trotse Langeberge
Oor ons wye vlaktes troon
Waar die rooi van aalwynblomme
Ons velde so groots bekroon
Waar die goud van koringare
Sy somer se weelde sprei
Pryk ons Hoërskool Heidelberg
Aan hom ons ware diens en trou
Al ons ware diens en trou.
“Alleen ons beste”
is ons strewe
Waar ons plig ons ook mag lei.
“Alleen ons beste”
deur die lewe
Steeds in dank hom toegewy.