Die Visie en Missie van Hoërskool Heidelberg
Visie
Om die skool van voorkeur te wees waar kinders deur uitnemende onderwys ondersteun en begelei word om hulle volle potensiaal te ontwikkel.
Missie
Om binne ‘n Christelike raamwerk te strewe na uitnemendheid deur effektiewe onderrig op akademiese,kulturele en sportgebied. Ons wil deur samewerking en betrokkenheid tussen ouer, leerder en opvoeder ‘n ordelike gedissiplineerde omgewing daarstel waar elke leerder sy volle potensiaal kan bereik. Die einddoel is om jong volwassenes as wenners op alle terreine, die gemeenskap te laat betree.