Ons Storie
Voor 1857 | Slegs private onderrig op plase deur rondtrekkende “Meesters.” Bekendste onder hulle: CCNE Stallknecht |
1857 –1860 | “Een Schoolhuis” daargestel deur Kerkraad. Onderwyser: WG van der Gryp. |
1860 – 1877 | Nuwe Skoolkommissie, bestaande uit 10 lede, gekies Voorsitter: Ds Borcherds Sekretaris: Mnr PE Steyn Onderwyser: John Henry Hay Skoolgeld: 4s 6d per leerling per maand Twee skoolvakansies van twee weke elk met Paasfees en Kersfees. JH Hay word in 1877 afgedank na voortdurende verwaarlosing van sy pligte op grond van “ongesteldheid.” |
1877 | Onderwyser: APW Immelman – bedank na enkele maande weens swak gesondheid. |
1877 – 1881 | Onderwyser: JHC Krapohl. Later bekende landmeter in Namakwaland. |
1881 – 1884 | Onderwyser: Gustav Geyer – Bedank weens gesondheidsredes. |
1885 | Onderwyser: DZ de Villiers. Bedank dieselfde jaar. |
1885 – 1886 | Onderwyser: Joël D Heroldt wie se “lewenslust” dit was om die opkomende geslag te onderrig, volgens Ds AB Daneel. |
1887 – 1889 | Onderwyser: Joël D Heroldt wie se “lewenslust” dit was om die opkomende geslag te onderrig, volgens Ds AB Daneel. |
1890- 1892 | Onderwyser: JB Gatt Mev Gatt word as tydelike hulp aangestel. |
1892 –1893 | Hoof: Charl C Oberlander Mev Johanna Hall word as eerste permanente assistente aangestel teen £30 per jaar. Oberlander se bedanking, om verder te studeer, is met “grooten tegensin” aanvaar, omdat die kommissie hom graag langer wou behou. |
1894 | Hoof: George S Louw Eerste ses leerlinge vir “School Higher.” |
1895 – 1899 | Hoof: Die geliefde CJ (Charlie) van der Merwe. |
1899 – 1903 | Hoof: CH Grové In 1900 is JC Kraynauw as eerste manlike assistent aangestel. In dieselfde jaar is aan die Regering ook ‘n versoek gerig om ‘n doeltreffende skoolgebou op te rig, maar wens die oorlogdruk is die aangeleentheid vertraag. |
1904 | Skoolgebou word opgerig teen ‘n koste van £915 10s. |
1904 – 1906 | Eerste Skoolhoof: GC Rossouw |
1907 – 1911 | Hoof: Fred J Rossouw In 1908 was daar 140 leerlinge in die dorpskool. In 1909 het die enigste kandidaat vir die Derdejaar “Pupils Teachers Examination”, Mej M Morrison, geslaag. In 1910 is verpligte onderwys en in 1911 Moedertaalonderwys ingevoer. |
1912 | Nuwe skool op huidige terrein gebou: Koste £4470. Bestaande uit ‘n saal, ‘n kindertuin en vyf ander klaskamers en twee personeelkamers. Leerlingtal styg tot 163 en ‘n kindertuinonderwyseres word benoem. In 1913 was daar 170 leerlinge met ‘n personeel van ses. |
1914 – 1921 | Skoolhoof: SW Burger Ou skoolgebou van 1904 omgeskep in koshuis vir dogters. Leerlinge word vir die eerste keer vanaf 1914 voorberei vir die matrikulasie-eksamen. |
1921 – 1924 | Skoolhoof: J Venter |
1924 – 1940 | Skoolhoof: Daniël Blignaut. Word vanaf 1941 Rektor van Paul Roos Gimnasium. Skool word aanmerklik vergroot in sy tyd. Assistant CH Winkler word later Inspekteur van skole. Assistent CH Winkler en GJ Krynauw stig CSV-tak. ‘n Eie skoolraad vir Heidelberg word in 1931 aangestel. |
1941 – 1959 | Skoolhoof: JFR van Niekerk. Eerste Vise-hoof aangestel: GJ Kraynauw. Assistent HE Fox word later inspekteur van skole. In 1952 word ‘n moderne koshuis vir seuns en dogters opgerig. Hierdie koshuis het die einde ingelei vir die plaasskole waarvan daar in 1931 nog agttien was en wat sedertdien almal verdwyn het. |
1960 – 1964 | Skoolhoof: DJ de Villiers. Ook Rektor van Paul Roos Gimnasium later en nog later streekshoofinspekteur van onderwys te Oudtshoorn. |
1964 –1968 | Hoof: AH Potgieter. Later die hoof van Hoërskool Strand. Nuwe skoolsaal word gebou en ingewy op 15 September 1967. |
1969 – 1973 | Hoof: JS Labuschagne. Later inspekteur van onderwys in Port Elizabeth-area. |
1973 – 1985 | Hoof: EN Schonken |
1986 – 1995 | Hoof: PR Theron |
1996 – 2001 | Hoof: Mev E Kloppers |
2002 – 2006 | Hoof: CH de Vos |
2007 – hede | Hoof: HJ Eygelaar |
Die Hoërskool Heidelberg het sedert sy ontstaan in 1857 met die eerste onderwyser, mnr Van der Gryp, ontwikkel tot ‘n inrigting met ‘n trotse tradisie.
Oudskoliere het deur die jare puik prestasies behaal. As regsgeleerdes, predikante, wetenskaplikes, medici, handelslui, landbouleiers, ensovoorts, druk Heidelbergers vandag nog hul stempel op die samelewing af.
Puik sportprestasies is ook aan die orde van die dag. Verskeie leerders verwerf jaarliks provinsiale kleure. Op akademiese gebied presteer die leerders pragtig – verskeie leerders het A-gemiddeldes in hul Senior Sertifikaateksamen behaal.