AMPTELIKE SKOOLDRAG
Voorkoms van leerders
Winter | Somer |
– HSH-sporthempie | – HSH-sporthempie |
– Skoolsweetbroek en –baadjie | – Donkerblou broekies |
– Navy trui slegs onder skoolsweetpakbaadjie | – Skoolsweetpak (koue dae) |
– Wit sokkies | – Wit sokkies |
– Tekkies | – Tekkies |
Winter | Somer |
– Wit langmouhempies | – Wit oopnek, kortmouhemp |
– Skooldas | – Geen das |
– Skoolsweetbroek en-baadjie | – Donkerblou skoolrok |
– Wit of grys sokkies | – Wit kort sokkies |
– Navy trui/HSH pullover slegs onder skoolsweetpakbaadjie | – Skoolsweetpakbaadjie (opsioneel) |
– Swart skoene | – Swart skoene |
– HSH pullover (opsioneel) |
Graad1-,2-,3-leerders mag kaalvoet skool toe gaan in die somer. Hulle mag ook op sportoefendae met die skool se amptelike sportdrag die skool besoek.
Winter | Somer |
– Wit langmouhemp | – Wit oopnek, kortmouhemp |
– Skooldas | – Geen das |
– Skoolsweetpakbaadjie | – Donkergrys kortbroek/ Langbroek met swart gordel |
– Donkergrys langbroek met swart gordel | – Grys sokkies |
– Grys sokkies | – Swart toerygskoene |
– Navy trui/pullover slegs onder skoolsweetpakbaadjie | – Skoolsweetpakbaadjie (opsioneel) |
– Swart toerygskoene | – HSH pullover (opsioneel) |
Winter | Somer |
– Wit langmouhemp | – Wit oopnek, kortmouhemp |
– Skooldas | – Geen das |
– Skoolsweetpakbaadjie | – Donkerblou skoolrok (gordel opsioneel) |
– Donkergrys langbroek/Skoolrok met swart kouse | – Wit kort sokkies |
– Grys sokkies | – Skoolsweetpakbaadjie |
– Navy trui/pullover slegs onder skoolsweetpakbaadjie | – HSH pullover (opsioneel) |
– Swart skoene | – Swart skoene |
Slegs wit T-hemp (sonder motiewe) wat nêrens uitsteek nie, mag onder wit hemp gedra word. Laerskoolleerders wat kwalifiseer om gewone drag aan te trek, sal dit op Vrydae mag doen. Hierdie reëling geld nie vir leerders wat verjaar nie. Hulle mag steeds op hul verjaarsdag gewone klere aantrek. Indien die verjaarsdag gedurende ‘n vakansie of oor ‘n naweek is, kan die leerder kies wanneer gewone klere aangetrek word.
Winter | Somer |
– Wit kraaghemp | – Wit oopnek kortmouhemp |
– HSH-skooldas | – Geen das |
– Donkergrys langbroek met swart gordel | – Donkergrys langbroek met swart gordel of kortbroek |
– Grys sokkies | – Grys sokkies |
– Swart toerygskoene | – Swart toerygskoene |
– Skoolbaadjie | – Skoolbaadjie met of sonder navy trui (opsioneel) |
– Navy trui of HSH pullover slegs onder baadjie | – HSH pullover (opsioneel) |
Winter | Somer |
– Wit langmouhemp | – Wit oopnek, kortmouhemp |
– HSH-skooldas | – Skoolrok |
– Swart skoene | – Skoolbaadjie/skoolsweetpakbaadjie (opsioneel) |
– Skoolbaadjie | – Wit sokkies |
– Navy skoolrok met swart kouse of grys langbroek met grys sokkies | – Swart skoene |
– Die dra van die lyfband by die rok is opsioneel | – Navy trui of navy pullover slegs onder baadjie (opsioneel) |
– Navy trui of navy pullover slegs onder baadjie | – Die dra van die lyfband by die rok is opsioneel |
Nuwe leerders het drie maande tyd om die korrekte kleredrag aan te skaf.
– Die persoonlike voorkoms en kleredrag van ‘n leerder moet oral waar die leerder as leerder van Hoërskool Heidelberg geïdentifiseer kan word, voldoen aan die welvoeglikheidsnorme wat, volgens die mening van die skoolhoof en gedelegeerde, normaalweg aanvaar word in die gemeenskap wat deur die skool bedien word.
– Skooldrag soos neergelê, moet sonder versiering gedurende skoolure asook by buitemuurse skoolaktiwiteite gedra word, behalwe wanneer privaatdrag deur die skoolhoof gemagtig word.
– Alle kledingstukke, tasse en boeke moet duidelik gemerk word met die naam van die leerder. Onopgeëiste kledingstukke word, na aankondiging, verkoop.
– Die erekleure-, akademiese-, kultuur-, SWD- en Wes-Kaap lapelwapens van die skool mag slegs deur die leerders aan wie die spesifieke kleure toegeken is, gedra word. Die enigste ander lapelwapen wat gedra mag word, is die VCSV-wapen. Laasgenoemde mag slegs gedra word deur VCSV-lede wat 80% bywoning die voorafgaande jaar gehad het.
– Leerders moet te alle tye netjies wees.
Matriektops
Die matriektops, mag na goedkeuring van die beheerliggaam en indien dit by die skooldrag inskakel, as deel van die algemene drag van dag 2 tot 9 deur die matrieks gedra word.