Hoërskool Heidelberg
Wes-Kaap
In Heidelberg in Hessequa, bo teen ‘n heuwel, daar staan ons trotse skool. Ons dorp se skool, met ons dorp se kinders, waar elke individu die geleentheid kry om op eie gebied te skitter. Waar ons kinders elkeen sy/haar volle potensiaal kan bereik, want hier help ons kinders droom. Meer nog, ons rus hulle toe om hulle drome waar te maak.
Ons plattelandse skool, omring met die Langeberge, spog met ‘n uitnemende Laer-, sowel as Hoërskool, met leerders van Graad R tot Graad 12.
Wat die veiligheid van leerders betref, is Hoërskool Heidelberg strategies baie goed geleë, dus kan ouers gerus wees. Leerders word boonop geleer hoe om hulleself veilig te hou.
Die personeel streef daarna om hoë standaarde te handhaaf en leerders te help om ten volle, binne en buite die klaskamer, te ontwikkel. Ons talentvolle leerders behaal gereeld uitstekende akademiese-, kultuur- en sportprestasies.
Hoërskool Heidelberg bied ook met trots koshuisverblyf aan kinders wat buite die dorp woon. Huis Merwena kan tot 100 laerskool- en hoërskoolleerders in veiligheid huisves. Hier word hulle natuurlik in alle opsigte versorg asof hulle by die huis is.
Hoërskool Heidelberg – sonder twyfel die verstandigste keuse!