Hoofleiers - 2026
Voorsitter: Naidene Swart
Ondervoorsitter: Joshua Swart
Kringleiers - 2026
Naidene Swart (Hoof)
Virgil Fielies
Dylan Munsamy
VRL - 2026
Willon Faro
Marchel Jantjies
Hershelle Rossouw
Kiyaan Fredericks
Rozlynn Scholtz
Vernique van Niekerk
Anslin Februarie
Kaylie Hendriks
Joshua Swart
Johwen Hefske
Anthonique Jacobs
Naidene Swart
Klaskapteine - 2026
Voorsitter: Lisa van Zyl
Ondervoorsitter: Janco Coetzee
Visie
Om die skool van voorkeur te wees waar kinders deur
uitnemende onderwys ondersteun en begelei word
om hulle volle potensiaal te ontwikkel.
Missie
Om te strewe na uitnemendheid
deur effektiewe onderrig op
akademiese, kulturele en sportgebied.
Ons wil deur samewerking en
betrokkenheid tussen ouer, leerder en
opvoeder ‘n ordelike gedissiplineerde
omgewing daarstel waar elke leerder sy
volle potensiaal kan bereik.
Die einddoel is om jong volwassenes as
wenners op alle terreine, die gemeenskap
te laat betree.
Skoolied
Waar die trotse Langeberge
Oor ons wye vlaktes troon
Waar die rooi van aalwynblomme
Ons velde so groots bekroon
Waar die goud van koringare
Sy somer se weelde sprei
Pryk ons Hoërskool Heidelberg
Aan hom ons ware diens en trou
Al ons ware diens en trou.
“Alleen ons beste”
is ons strewe
Waar ons plig ons ook mag lei.
“Alleen ons beste”
deur die lewe
Steeds in dank hom toegewy
ONS TROTS
• Skool van uitnemendheid
• 100% slaagsyfer
• Uitstekende sporttalent
• Top kwaliteit onderwys
• Leerders behaal ongelooflike sukses na skool
• Oud-leerders staan uit as leiers in die samelewing en presteer op verskeie terreine
• Uitstekende talent en prestasies op kultuurgebied
• Ongelooflike gekoesterde omgewing in die skool
• Verseker beter een-tot-een interaksie tussen onderwyser en leerder.
