SPORT

Hattieland – Klein Genoeg dat Elke Kind ‘n Geleentheid Kry!

Verskeie sportsoorte word by Hoërskool Heidelberg aangebied:

  • Rugby
  • Toutrek
  • Netbal
  • Atletiek
  • Krieket
  • Mini-krieket
  • Tennis
  • Skaak
Rugby Hs Heidelberg

Verskeidenheid Sportaktiwiteite

By Hoërskool Heidelberg kry ons spelers puik afrigting in al die verskillende sportsoorte wat aangebied word. Leerders se aktiewe deelname aan sport sorg dat sosiale, sowel as emosionele en motoriese ontwikkeling ondersteun word.

Ons fokus daarop om soveel as moontlik geleenthede vir ons spelers te skep. Om hierdie rede neem ons deel aan ligawedstryde en toere, en het ons ook verskeie sportdae. Spelers word ook aan proewe blootgestel.

Rugby Hs Heidelberg

Rugby

Leerders in die o/7- tot o/13-groepe neem deel aan ligawedstryde, asook aan verskeie sportdae. Ons spog met een SWD speler.

Toutrek

Hatties spog met gemengde seuns en dogters, 360kg- en 400kg-spanne, wat aan die SA-toutrekkampioenskappe van 2022 te Malmesbury deelgeneem het.

Netbal

Dogters word aan proewe blootgestel. Die o/7- tot o/13-ouderdomsgroepe neem aan verskeie ligawedstryde en sportdae deel.

Atletiek

‘n Gesamentlike veld- en baanbyeenkoms word jaarliks in die tweede week van Januarie aangebied. Ons spog met een SWD atleet.

Hoërskool Heidelberg Krieket

Krieket

Leerders in die o/11- en o/13-ouderdomsgroepe neem deel aan liga-, sowel as vriendskaplike wedstryde.

Hatties se Hoërskool-krieketspanne word aan vriendskaplike wedstryde blootgestel. Spelers leer die nodige vaardighede om op die krieketveld te presteer

mini Krieket

Minikrieket

Leerders in die o/7- tot o/9-oudersdomsgroepe geniet twee oefensessies per week en neem aan vriendskaplike Minikrieketbyeenkomste deel.

Tennis

Hatties het ‘n sterk tennisspan wat uit seuns en dogters bestaan. Ons spog met een EDEN-speler.

Skaak

Hatties kry die geleentheid om aan die EDEN-skaakproewe deel te neem. Ons leerders behaal baie goeie uitslae agter die skaakbord en agt van ons spelers gaan deur na die Wes-Kaap-proewe. Sewe van die leerders ontvang EDEN-kleure. Ons is trots op Ciara Riddles en Elzevir Moolman wat in Desember 2022 aan SA’s te Kimberley gaan deelneem, wanneer hulle dan hul Wes-Kaap-kleure sal ontvang.

Vir 'n gebalanseerde leerder

Dié belegging in jou kind se toekoms

Scroll to Top