SKOOLDRAG
Skoolklere kan slegs by die skool se klerebank gekoop word.
Skooldrag
Nuwe leerders het drie maande tyd om die korrekte kleredrag aan te skaf.
- Die persoonlike voorkoms en kleredrag van ‘n leerder moet oral waar die leerder as leerder van Hoërskool Heidelberg geïdentifiseer kan word, voldoen aan die welvoeglikheidsnorme wat, volgens die mening van die skoolhoof en gedelegeerde, normaalweg aanvaar word in die gemeenskap wat deur die skool bedien word.
- Skooldrag soos neergelê, moet sonder versiering gedurende skoolure asook by buitemuurse skoolaktiwiteite gedra word, behalwe wanneer privaatdrag deur die skoolhoof gemagtig word.
- Alle kledingstukke, tasse en boeke moet duidelik gemerk word met die naam van die leerder. Onopgeëiste kledingstukke word, na aankondiging, verkoop.
- Die erekleure-, akademiese-, kultuur-, SWD- en Wes-Kaap lapelwapens van die skool mag slegs deur die leerders aan wie die spesifieke kleure toegeken is, gedra word. Die enigste ander lapelwapen wat gedra mag word, is die VCSV-wapen. Laasgenoemde mag slegs gedra word deur VCSV-lede wat 80% bywoning die voorafgaande jaar gehad het.
Leerders moet te alle tye netjies wees.
Matriektops
- Die matriektops, mag na goedkeuring van die beheerliggaam en indien dit by die skooldrag inskakel, as deel van die algemene drag van dag 2 tot 9 deur die matrieks gedra word.
Graad 1-7 Leerders (Seuns)
Winter – Nr 1 Drag (Maandae, Woensdae en Vrydae)
- Wit langmouhemp
- Skooldas
- Skoolsweetpakbaadjie
- Donkergrys langbroek met swart gordel
- Grys sokkies
- Navy trui/pullover slegs onder skoolsweetpakbaadjie
- Swart toerygskoene
Winter – Sportdrag (Dinsdae en Donderdae)
- HSH-sporthempie
- Skoolsweetpakbroek en –baadjie
- Vlootblou (navy) trui slegs onder skoolsweepakbaajie (opsioneel)
- Wit sokkies
- Tekkies
Graad 1-7 Leerders (Seuns)
Somer – Nr 1 Drag (Maandae, Woensdae en Vrydae)
- Wit oopnek, kortmouhemp
- Geen das
- Donkergrys kortbroek/Langbroek met swart gordel
- Grys sokkies
- Swart toerygskoene
- Skoolsweetpakbaadjie (opsioneel)
- HSH oortrektrui (pullover)/trui (opsioneel)
Somer – Sportdrag (Dinsdae en Donderdae)
- HSH-sporthempie
- Donkerblou sportkortbroekie
- Wit sokkies
- Tekkies
Laerskool Dogters
Winter – Nr 1 Drag (Maandae, Woensdae en Vrydae)
- Wit langmouhemp met knope
- Skooldas
- Skoolsweetpakbaadjie
- Donkergrys langbroek met grys sokkies, of
- Donkerblou skoolrok met swart kouse
- Navy trui/pullover slegs onder skoolsweetpakbaadjie
- Swart skoene
Winter – Sportdrag (Dinsdae en Donderdae)
- HSH-sporthempie
- Skoolsweetbroek en –baadjie
- Wit sokkies
- Tekkies
Laerskool Dogters
Somer – Nr 1 Drag (Maandae, Woensdae en Vrydae)
- Wit oopnek, kortmouhemp
- Geen das
- Donkerblou skoolrok (gordel opsioneel)
- Wit kort sokkies
- Skoolsweetpakbaadjie (opsioneel)
- HSH oortrektrui (pullover)/trui (opsioneel)
- Swart skoene
Somer – Sportdrag (Dinsdae en Donderdae)
- HSH-sporthempie
- Donkerblou sportkortbroekie/-rompie
- Wit sokkies
- Tekkies
Slegs ‘n wit T-hemp (sonder motiewe) wat nêrens uitsteek nie, mag onder die wit hemp gedra word. Laerskoolleerders wat kwalifiseer om gewone drag aan te trek, sal dit op Vrydae mag doen. Hierdie reëling geld nie vir leerders wat verjaar nie. Hulle mag steeds op hul verjaarsdag gewone klere aantrek. Indien die verjaarsdag gedurende ‘n vakansie of oor ‘n naweek is, kan die leerder kies wanneer gewone klere aangetrek word.
Hoërskool Seuns
Winter
- Wit kraaghemp
- HSH-skooldas
- Donkergrys langbroek met swart gordel
- Grys sokkies
- Swart toerygskoene
- Skoolbaadjie
- Vlootblou (navy) oortrektrui (pullover)/trui slegs onder baadjie
Somer
- Wit oopnek kortmouhemp
- Geen das
- Donkergrys langbroek met swart gordel of kortbroek
- Grys sokkies
- Swart toerygskoene
- Skoolbaadjie (opsioneel)
- HSH oortrektrui (pullover)/trui (opsioneel)
Hoërskool Dogters
Winter
- Wit langmouhemp
- HSH-skooldas
- Swart skoene
- Skoolbaadjie
- Vlootblou (navy) skoolrok met swart kouse of grys langbroek met grys sokkies
- Die dra van die lyfband by die rok is opsioneel
- Vlootblou (navy) trui of vlootblou (navy) oortrektrui (pullover) slegs onder die baadjie
Somer
- Wit oopnek, kortmouhemp
- Skoolrok
- Skoolbaadjie (opsioneel)
- Wit sokkies
- Swart skoene
- Vlootblou (navy) trui of vlootblou (navy) oortrektrui (pullover) (opsioneel)
- Die dra van die lyfband by die rok is opsioneel
