Huis Merwena
Hoërskool Heidelberg
Huis Merwena
Die Nuwe Uitbreiding van die Aanvanklike Spieshof Koshuis - 1954
Huis Merwena
Die Nuwe Uitbreiding van die Aanvanklike Spieshof Koshuis - 1954
Previous slide
Next slide

Merwena Koshuis

Merwena Koshuis het in 1954 ontstaan en staan as die nuwe uitbreiding van die aanvanklike Spieshof Koshuis bekend. Hierdie koshuis kan blyplek aan 100 leerders, hoër- en laerskool, verskaf. Merwena is sowat 100 meter vanaf die skool geleë en bied veilige huisvesting aan leerders, asook die nodige gemoedsrus aan ouers.

Koshuislewe bied leerders die geleentheid om belangrike lewensvaardighede aan te leer. Ons poog om ‘n huislike atmosfeer te skep. Merwena streef na ‘n balans tussen opbouende dissipline en ‘n ontspanne atmosfeer. Merwena beskik oor ‘n kombuis, sowel as ‘n eetsaal, waskamer, studielokaal en badkamergeriewe.

Die ontspanningslokaal het ‘n TV, potspeltafel (pool), tafeltennis en ander geriewe. Koshuisreëls word deurgaans streng toegepas. Genoegsame studietyd word daagliks vir koshuisgangers ingeruim om akademies te presteer.

Leerders se laggende stemme weergalm in die gange van Merwena. Stories en nostalgie hang aan Merwena se mure.

Gr R tot Gr 12

Tans 13 Seuns en 30 Dogters

Huis Merwena Hoërskool Heidelberg Koshuis

Slaapkamers

Seuns se kamers is onder en dogter se kamers is bo. Tussen twee tot ses leerders kan in ‘n slaapkamer geakkommodeer word. Graad 1 tot 4 leerders word naby die Superintendent geplaas. Aan die einde van die jaar kry elke leerder die geleentheid om sy/haar kamer/maat(s) te kies.

Previous slide
Next slide

Badkamergeriewe

Merwena spog met skitterende seuns- en dogtersbadkamers. Elke vloer beskik oor drie badkamers (wissel van een tot agt storte per badkamer). Matrieks het die voorreg om hul eie badkamer te hê.

Previous slide
Next slide

Kombuis

Merwena-personeel berei daagliks gebalanseerde geregte vir leerders voor. Ons vriendelike en hardwerkende personeel dra ons leerders se belange op die hande.

Previous slide
Next slide

Eet Lokaal

Goed beplande spyskaarte word daagliks opgestel om gebalanseerde voedsel aan leerders te bedien. Hier leer leerders goeie tafelmaniere en gewoontes. Leerders kry elke oggend kans om hul eie kosblik vir die dag te pak.

Previous slide
Next slide

Studielokaal

Elke koshuisleerder het toegang tot Merwena se gerieflike studielokaal. Genoegsame studietyd word daagliks vir koshuisgangers ingeruim sodat hulle akademies kan presteer.

Previous slide
Next slide

Ontspanningsarea

Die ontspanningsarea beskik oor ‘n potspeltafel (pool), tesame met vingerbord, tafeltennis, TV en bordspeletjies. Leerders geniet dit om buite in ‘n veilige area te speel. Leerders mag op Dinsdae en Woensdae dorp toe gaan. Streng prosedures word gevolg indien ‘n leerder die perseel vir ander verpligtinge, bv. buitemuurse aktiwiteite, wil verlaat.

Previous slide
Next slide

Koshuis/Losies Koste

OPSIE 1: Die losiesgeld vir 2023 beloop R15 510 per jaar.

OPSIE 2: R1 410 maandeliks oor elf (11) maande vooruitbetaalbaar binne sewe (7) dae na die begin van elke maand.
Die laaste paaiement is voor / op 7 November 2023 betaalbaar.

Ouers word sterk aangemoedig om van debietorders gebruik te maak.

Aansoekvorm

Dié belegging in jou kind se toekoms

Scroll to Top